Die selfgemaakte globale energiekrisis – Nico Stegmann

Elke land het maar sy eie oorsake vir energiekrisisse, hetsy weens natuurlike prosesse soos droogtes, of swak politieke besluite. In Suid-Afrika is ons uitgelewer aan ons regering se swak beplanning, korrupsie, asook gebrek aan instandhouding en verantwoordbaarheid

Die selfgemaakte globale energiekrisis

Energie is nodig om die wêreld aan die gang te hou deur ʼn gevestigde stelsel wat massaproduksie vir veral verstedelike bevolkings noodsaak. Sonder genoeg energie sal daar erge implikasies wees vir die mensdom, insluitend voedseltekorte.

Die oorsaak van die energietekorte is ʼn sameloop van omstandighede, maar in ʼn groot mate is dit ʼn selfgemaakte krisis. Die primêre rede vir die korttermyn krisis, wat veral in Europa hierdie komende winter sy tol gaan eis, is ʼn kat-en-muis geopolitieke spel. Op die langer termyn lyk die prentjie nog meer somber, hoofsaaklik weens die (Westerse) globaliste se fassinasie met sogenaamde groen-energie, wat alle fossielbrandstowwe moet vervang.

Kategorie: Gesels

Deel die potgooi: