3D-drukwerk, of in Engels 3D Printing, is ‘n proses wat rekenaargesteunde ontwerp, of CAD, gebruik om voorwerpe laag vir laag te skep. 3D-drukwerk word algemeen gebruik in vervaardigings- en motorindustrieë, waar gereedskap en onderdele met 3D-drukkers gemaak word.
Soos die vermoëns van 3D-drukwerk aanhou groei, neem die waarde daarvan ook toe: Teen 2029 sal die 3D-drukbedryf na raming ‘n waarde van $84 miljard bereik. Hierdie groei beteken ons gaan beslis op een of ander tyd interaksie hê met produkte – en selfs huise en geboue – wat met 3D-drukwerk gemaak is.