“Ons brein is bedraad om gesproke taal te ontwikkel. Dis hoekom babas taal van vroeg af kan aanleer sonder enige bewuste onderrig, mits daar voldoende persoonlike interaksie is. Daar is egter geen outomatiese bedrading vir lees en spel nie. Hierdie vaardighede moet stelselmatig onderrig word.
Die baie tyd wat kinders voor skerms deurbring, fokus hul brein meer visueel en minder op ouditiewe inhoud. Dit impakteer op die ontwikkeling van akkurate luistervaardighede.
Die goeie nuus is dat die herstel van die brein moontlik is, en dat neurone ontwikkel en in ‘n ander rigting gestuur kan word. Met die korrekte aanslag kan kinders wat maklik leer lees selfs beter vaar, en risikogevalle goed leer lees.”