Die Menslike Maag, `n raaisel van die menslike liggaam

Die menslike liggaam is vol raaisels, kom luister saam en wees verwonderd oor die menslike maag.

Menslike Maag

Die menslike liggaam is vol raaisels. Alhoewel die mediese wetenskap baie gevorder het om baie van verskillende organe en dele van die liggaam te weet, is wat ons weet net ‘n druppel in die see. Vandag gaan ons ‘n paar interessante feite leer oor een van die belangrikste dele van die liggaam – die maag. Daar is `n hele paar interessante feite oor die menslike maag wat ek graag wil deel, mens dink nie altyd aan hierdie tipe goeters nie, en kan mens nogals verras staan wanneer mens dingetjies leer wat mens stom en verwonderd laat.

Soos, wanneer `n mens bloos, parallel met die gesig, bloos die maag ook. Dit gebeur wanneer ‘n oplewing van adrenalien wat deur angs of verleentheid veroorsaak word, klein bloedvate wat kapillêre genoem word, oor jou hele liggaam laat uitbrei, wat bloedvloei verhoog. Dit is hoofsaaklik duidelik in jou wange en maagvoering omdat hulle naby die oppervlak is en die bloedvloei dit rooier laat lyk.

Kategorie: Gesels

Deel die potgooi: