Genoeg goud om die hele aarde te bedek!

Kom luister saam na hierdie mal idee dat die goud in die aarde se kern die hele aarde in ‘n knie-hoë laag kan bedek

Genoeg goud om die hele aarde te bedek

Daar is genoeg goud in die aarde se kern om sy hele oppervlak tot ‘n diepte van 50-100 cm te bedek, volgens ‘n professor Bernard Wood van MacQuarrie Universiteit in Sydney. Wood het bereken dat 1,6 kwadrilljoen ton goud in die aarde se kern moet lê. Dit klink dalk na baie, maar dit is eintlik net ‘n klein persentasie van die kern se algehele massa—ongeveer een deel per miljoen. Die kern hou ses keer soveel platinum, sê Wood, “maar mense raak minder opgewonde daaroor as goud.”

Kategorie: Gesels

Deel die potgooi: