Gesels saam:

Die geselligheid en samesyn van sportliefhebbers op ń volgepakte stadion is altyd ń belewenis. 

Tog, wonder mens of dit nog die moeite werd is om rugby te gaan kyk op die stadion? Of is die vlae in jou gesig, die luiddrugtige knaap hier voor jou en die tannie wat elke 5 minute wil verby skuur oppad badkamer toe net een te veel vir jou?

Luister gerus in hierdie potgooi na verskeie opinies en deel jou mening op ons Radio Grootrivier Facebook blad. 

(Foto: verskaf)

Kategorie: Gesels

Deel die potgooi: