WESTERN MOUNTED GAMES is ’n aksiebelaaide berede sportsoort van spoed en presisie wat geëvalueer word met akkurate tydmeting. Die Ruiter & Perd kombinasie neem deel aan Amerikaanse Gymkhana items soos * Barrel Racing * Speed Barrels * Pole bending * Single Stake * Speed Ball * Keyhole * Hurry Scurry * Quadrangle * Bi-Rangle * Fig 8 Flags * Big T * Fig 8 Stake WESTERN MOUNTED GAMES het die * Items * Patrone *Reëls en * Regulasies van die California Gymkhana Association (CGA) aangeneem. WESTERN MOUNTED GAMES word aangebied deur die SOUTH AFRICAN WESTERN MOUNTED GAMES ASSOSIATION (SAWMGA) vereniging wat op sy beurt ’n lid is van Suid-Afrikaanse Perdesport Vereniging (SAEF) wat resorteer onder Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASCOC) wat weer ‘n lid is van die Nationale Olympiese Komitee (NOC). WESTERN MOUNTED GAMES is ook lid van Suid-Afrikaanse Nasionale Perdesport Skole Vereniging (SANESA). WESTERN MOUNTED GAMES word in die Noord-Kaap organiseer deur die onderskeie klubs in samewerking met die Noord-Kaap komitee onder voorsitterskap van Erna von Gericke.


