Regstellende aksie: Hoe lank is genoeg?

Solidariteit en die regering gaan aan die einde van November weer teen mekaar voor die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) te staan kom.

Promo Facebook Ads Facebook Ads image ad 5

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die verskerpte VN-veldtog het ten doel om ʼn einde te maak aan die regering se beheptheid met rassewetgewing.

“Al hierdie rasmalheid vind plaas onder die vaandel van mooi woorde soos “regstelling,” “gelykheid,” “diversiteit,” en “transformasie.” Die uitkoms is egter ongelykheid, plundering, selfverryking en die vernietiging van die staatsdiens.

“Ons mik daarna om ʼn einde aan rassewette in die geheel te maak, en ons boodskap word deur honderde duisende mense ondersteun. Die boodskap sê duidelik dat rassewette moet stop, en die tyd daarvoor is nóú.”

Bron: Solidariteit | Nico Strydom

Kategorie: Sake-uur

Deel die potgooi: