Tuinmaak is terapie vir die siel.

Kliniese sielkundige Gerda Kriel sê tuinmaak is goed vir ons geestesgesondheid.

Senior couple gardening hoop cover

Tuinmaak is ń praktiese middel wat jou kan help om deur ń tydperk van rou en verlies te werk. Dis ń terapeutiese aksie waaraan jy jou aandag móét gee. Die tuin se natuurlike ritmes gaan voort en dwing ons om teenwoordig te wees, te plant, te snoei, te versorg en te oes.

Daar is ń vaste tyd vir alles in ons lewens. Elke ding onder die son het sy eie tyd.
Maak tyd vir jou daaglikse tuinterapie.

( Foto verskaf )

Kategorie: Groenvingers

Deel die potgooi: