Die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC), wat die gespesialiseerde kankeragentskap van die Wêreldgesondheidsorganisasie is, het verklaar aspartaam kan ‘n moontlike kankerverwekkende gevaar vir mense wees. ‘n Gevaar is anders as ‘n risiko. Die gevaargradering beteken dit is ‘n middel wat in staat is om kanker te veroorsaak; ‘n risiko meet die waarskynlikheid dat dit kanker kan veroorsaak.


