Zombie Miere

Hoe die zombieswam miere se liggame oorneem om hul verstand te beheer. Die berugte parasiet se metodes is meer kompleks en meer sinister as wat enigiemand vermoed het.

Zombie Miere

Om die wêreld se mees sinistere voorbeelde van verstands-beheer te vind, moenie na wetenskap-fiksie kyk nie. Gaan eerder na ‘n tropiese land soos Brasilië, en waag dit diep in die oerwoud in. Soek ‘n blaar wat amper presies 25 sentimeter bokant die woudvloer hang, nie meer of minder nie. Kyk nou daaronder. As jy gelukkig is, vind jy dalk ‘n mier wat aan die blaar se sentrale aar vasklou, kake styf vasgeklem vir liewe lewe. Maar hierdie mier se lewe is reeds verby. En sy liggaam behoort aan Ophio-cordy-ceps, die zombie-mier-swam.

Kategorie: Gesels

Deel die potgooi: